NUUS: 10 Desember om 07:00

***Drie vermeende voertuigkapers is gister in hegtenis geneem en ‘n vierde verdagte gewond toe ‘n skietery tussen hulle en die polisie op Atteridgeville, in die weste van Pretoria, uitgebreek het.
Die mans het op die polisie begin skiet toe hulle die gekaapte motor  genader het.  Die polisie het na die mans se arrestasie op verskeie gesteelde [...]

Read Users' Comments (0)

NUUS: 8 Desember om 11:00

Die Nuus om Elf
***  Die Burgerlugvaart-owerheid het sy kommer uitgespreek oor die getal
voorvalle waarby vliegtuie van SA Airlink onlangs betrokke was.
Dit nadat ’n passasiersvliegtuig van dié lugdiens gisteroggend op George van
die aanloopbaan af geloop, deur ’n heining gebars en op die pad tussen die
lughawe en die N2 tot stilstand gekom het.
Niemand is ernstig beseer nie.
***  [...]

Read Users' Comments (0)

NUUS: 7 Desember om 07:00

NUUS OM 07:00
***  ‘n Bolandse boer is tydens ‘n mislukte rooftog op sy plaas buite Ceres
doodgeskiet.
‘n Woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van landbou, Wouter Kriel, sê in ‘n verklaring die 57-jarige Pieter Cillié van die plaas Loraine is laat Vrydagaand deur vermeende rowers doodgeskiet.
Provinsiale polisiewoordvoerder André Traut sê ’n onbekende aantal mans het die kombuisdeur [...]

Read Users' Comments (0)

NUUS: 2 Desember 2009 om 08:00

Die Nuus om Agt
***  Die vakbond, Solidariteit, sê hy gaan enige aansoek van Eskom vir ‘n
tariefverhoging teenstaan totdat Eskom ʼn behoorlike finansieringsmodel vir sy kapasiteitsuitbreiding gefinaliseer het.
Dit volg nadat Eskom ʼn hersiene tariefverhogingaansoek van 35-persent by NERSA ingedien het.
Solidariteitwoordvoerder Jaco Kleynhans sê die jongste versoek is ook onaanvaarbaar en die vakbond sal dit ten sterkste [...]

Read Users' Comments (0)

NUUS: 1 Desember om 11:00

Die nuus om elfuur:
***Eskom het sy aansoek vir tariefverhogings tot 35 persent per jaar oor die volgende drie jaar verlaag.
Die nasionale elektrisiteitsvoorsiener het vroeër 45 persent gesoek.
‘n senior beampte van die Nasionale Energiereguleerder het bevestig dat Eskom sy tariefaansoek tot 35 persent verlaag het.
Die ANC en vakbonde het Eskom se vroeëre aansoek gekritiseer.
***Die [...]

Read Users' Comments (0)

NUUS: 30 November om 08:00

Die nuus om agtuur:
***Twee Mosambiekse rowers wat ‘n padstal naby Brits in Noordwes beroof het, is dood toe die motor waarin hulle en nog drie ander landgenote was tydens ‘n jaagtog in ‘n muur vasgejaag het.
Die drie rowers wat beseer is, is onder polisiebewaking in die hospitaal.
Die polisie het beslag gelê op twee [...]

Read Users' Comments (0)

Fondsinsamelingskonsert, Hartbeespoortdam - 16 Desember

‘n Fondsinsamelingskonsert word gehou op 16 Desember vir Lucinda Strydom, wat ‘n beenmurgoorplanting moet ondergaan.
                      
DIE EMOE RESTAURANT
HARTBEESPOORTDAM
(R 104 - OU RUSTENBURG PAD. OMTRENT 1KM VANAF DAMDORYN 4 RIGTING STOP)
 
 KUNSTENAARS / PROGRAM
 
10:00    -    Flippie Rheeders
 
11:00    -    Lance James & Rodeo Girls
 
12:00    -    Marlene Schalkwyk
 
13:00    -    “Foam-party”
 
14:00    -    Jody Wayne
 
15:00    -    Thys die Bosveldklong
 
16:00    -    Priscilla Smith
 
17:00    [...]

Read Users' Comments (0)

NUUS: 26 November 2009 om 08:00

Die nuus om agtuur:
***’n Senior amptenaar van die George munisipaliteit het gewaarsku dat die Suid-Kaapse dorp se waternetwerk tydelik afgesluit kan word as daar nie gou verligting kom vir die verslegtende watersituasie nie.
Dit sal meebring dat die ongeveer 190-duisend inwoners net water op bepaalde tye by bepaalde punte in die dorp [...]

Read Users' Comments (0)

Mathys Roets Fondsinsameling-konsert, 18 en 19 Desember

Mathys Roets doen vir Reinhardts Place ‘n fondsinsamelingskonsert in KwaZulu Natal by die Wild Coast Sun International (Port Edward).
 
Die konsert is 18 en 19 Desember 2009 om 19h00
Kaartjies is beskikbaar by Computicket .
Kontak Ada by ada.scheenloop@gmail.com vir meer besonderhede.
Lees gerus oor Reinhardt’s Place op die volgende webblad: http://groups.to/reinhardtsplace/
 

Read Users' Comments (0)

Rippel 90.5 Jaareindfunksie en Toekenningsaand, 10 November 2009

Rippel 90.5 se jaareindgeselligheid en toekenningsaand is op 10 November by die Performer Teater in Pretoria gehou.
Nie alleen is personeellede vir goeie diens beloon nie,  maar ook is die Adverteerder van die Jaar 2009 aangewys.
Adverteerders van die Maand het ook elk ‘n sertifikaat ontvang.

 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

Adverteerders PETSTOP (wenner - Julie) en THE GREEN GUESTHOUSE (wenner - September) [...]

Read Users' Comments (0)

 Page 1 of 18  1  2  3  4  5 » ...  Last »