Posted in Nuus / News | October 30th, 2009
Vrydag 30 Oktober 2009
In die Nuus om Een
** Rowers skiet Pretorianer in sy huis dood,
** Afrika-bemiddelaars probeer om die jongste politieke krisis in Zimbabwe op te los, EN
** Groen lig vir Johan Botha nadat sy boulaksie weereens onder verdenking was.
*** Gewapende rowers het gisteraand ‘n man in sy huis in Hercules in
Pretoria doodgeskiet. Polisiewoordvoerder Patricia Simelane [...]
Posted in Nuus / News | October 30th, 2009
Vrydag 30 Oktober 2009
Die Nuus om Elf
*** Die uitvoerende hoof van Gold Fields, Nick Holland, sê Eskom se
beplande 200-persent tariefverhogings kán en moet gekeer word.
Hy sê dit is onmoontlik om te sê hoe groot die uitwerking van verhoging sal
wees, maar dit sal beslis verwoestend wees.
Sake 24 berig dat Holland opdrag gegee het dat navorsing gedoen [...]
Posted in Nuus / News | October 30th, 2009
Vrydag 30 Oktober 2009
Die Nuus om Agt
*** Die vakbond, Solidariteit, het gewaarsku dat werksverliese teen die vierde kwartaal die een-miljoen-kerf kan verbysteek.
Meer as 770-duisend werknemers het reeds hulle werk verloor sedert die begin van die ekonomiese afswaai.
Volgens Solidariteit-woordvoerder Jaco Kleynhans is die ergste vlakke van
werksverliese sedert die begin van die ekonomiese afswaai, in die afgelope [...]
Posted in Nuus / News | October 29th, 2009
PenOrent Nuus : Donderdag 29 Oktober 2009.
In die nuus om eenuur:
**Inwoners van Gugulethu by Kaapstad raak oproerig.
**Oud-polisiehoof bestempel regter in sy verhoor as ongeskik en vyandig.
**En dodetal in Pakistanse motorbom ontploffing styg tot 106.
***Minstens een persoon is gewond toe die polisie vanoggend met rubberkoeëls op ‘n groep woedende inwoners van Gugulethu op die Kaapse Vlakte [...]
Posted in Nuus / News | October 29th, 2009
PenOrent Nuus : Donderdag 29 Oktober 2009.
Die nuus om elfuur:
*** Die polisie het minstens tien mense tydens geweldpleging oornag in Eldorado Park suid van Johannesburg gearresteer Meer as ‘n duisend ontstoke inwoners het die woonbuurt verlede nag met brandende
buitebande afgesper.
Die inwoners dreig om voort te gaan om leë grond in die woonbuurt onwettig te beset [...]
Posted in Nuus / News | October 29th, 2009
PenOrent Nuus : Donderdag 29 Oktober 2009.
Die nuus om agtuur:
***Die polisie in Germiston oos van Johannesburg het drie van hul kollegas in hegtenis geneem in verband met die diefstal van klerasie ter waarde van
twee-komma-vyf miljoen rand.
Die klerasie het verdwyn van die toneel van ‘n vragmotor kaping.
Die polisie se kaptein Steady Nawa sê twee senior offisiere [...]
Posted in Nuus / News | October 28th, 2009
PenOrent Nuus : Woensdag 28 Oktober 2009.
In die nuus om eenuur:
**Drankmisbruik vir huishoudelike geweldsvoorvalle blameer.
**Pretoriase grafiese ontwerper sit kardiewe agterna.
**En minstens vyftien mense dood in motorbom ontploffing in Pakistan.
*** ‘n Mediese kenner sê tot tagtig persent van huishoudelike geweld voorvalle kan aan alkohol-misbruik toegeskryf word.
Die hoof van die Rooikruis Kinderhospitaal in Kaapstad se trauma-eenheid, professor [...]
Posted in Nuus / News | October 28th, 2009
PenOrent Nuus : Woensdag 28 Oktober 2009.
Die nuus om elfuur:
*** Krygkor-hoofde sal vandag met die minister van verdediging, Lindiwe Sisulu byeenkom om te besluit of hulle voortgaan met ‘n peperduur Airbus transaksie.
Die prys van agt militêre vervoervliegtuie wat van Airbus bestel is, het volgens berigte met 30 miljard tot 47 miljard rand gestyg. Airbus het [...]
Posted in Gemeenskapsake/ Community Events | October 28th, 2009
7 November
- Green Market -
My trash, your treasure Yard Sale + Green Christmas ideas.
Time: 9:00-14:00
At Rademeyers in the Moreleta Kloof Nature Reserve in Pretoria East. Helios str.
(Directions: From the N1 towards Polokwane, take Rigel offramp and turn right at robot, turn left in Hans Strijdom. At next Robot turn right [...]
Posted in Nuus / News | October 27th, 2009
Dinsdag 27 Oktober 2009
In die Nuus om Een
** Die stormweer in die Wes- en Oos-Kaap eis nog ‘n lewe,
** Man in Johannesburg gearresteer vir die moord op ‘n verkeersbeampte, EN
** ‘n Britse egpaar op ‘n seiljag word aan die kus van Somalië vermis.
*** ‘n Man is dood nadat ‘n stormsterkte wind ‘n muur van sy [...]