NUUS: 10 Desember om 07:00

***Drie vermeende voertuigkapers is gister in hegtenis geneem en ‘n vierde verdagte gewond toe ‘n skietery tussen hulle en die polisie op Atteridgeville, in die weste van Pretoria, uitgebreek het.
Die mans het op die polisie begin skiet toe hulle die gekaapte motor  genader het.  Die polisie het na die mans se arrestasie op verskeie gesteelde [...]

Read Users' Comments (0)

NUUS: 8 Desember om 11:00

Die Nuus om Elf
***  Die Burgerlugvaart-owerheid het sy kommer uitgespreek oor die getal
voorvalle waarby vliegtuie van SA Airlink onlangs betrokke was.
Dit nadat ’n passasiersvliegtuig van dié lugdiens gisteroggend op George van
die aanloopbaan af geloop, deur ’n heining gebars en op die pad tussen die
lughawe en die N2 tot stilstand gekom het.
Niemand is ernstig beseer nie.
***  [...]

Read Users' Comments (0)

NUUS: 7 Desember om 07:00

NUUS OM 07:00
***  ‘n Bolandse boer is tydens ‘n mislukte rooftog op sy plaas buite Ceres
doodgeskiet.
‘n Woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van landbou, Wouter Kriel, sê in ‘n verklaring die 57-jarige Pieter Cillié van die plaas Loraine is laat Vrydagaand deur vermeende rowers doodgeskiet.
Provinsiale polisiewoordvoerder André Traut sê ’n onbekende aantal mans het die kombuisdeur [...]

Read Users' Comments (0)

NUUS: 2 Desember 2009 om 08:00

Die Nuus om Agt
***  Die vakbond, Solidariteit, sê hy gaan enige aansoek van Eskom vir ‘n
tariefverhoging teenstaan totdat Eskom ʼn behoorlike finansieringsmodel vir sy kapasiteitsuitbreiding gefinaliseer het.
Dit volg nadat Eskom ʼn hersiene tariefverhogingaansoek van 35-persent by NERSA ingedien het.
Solidariteitwoordvoerder Jaco Kleynhans sê die jongste versoek is ook onaanvaarbaar en die vakbond sal dit ten sterkste [...]

Read Users' Comments (0)

NUUS: 1 Desember om 11:00

Die nuus om elfuur:
***Eskom het sy aansoek vir tariefverhogings tot 35 persent per jaar oor die volgende drie jaar verlaag.
Die nasionale elektrisiteitsvoorsiener het vroeër 45 persent gesoek.
‘n senior beampte van die Nasionale Energiereguleerder het bevestig dat Eskom sy tariefaansoek tot 35 persent verlaag het.
Die ANC en vakbonde het Eskom se vroeëre aansoek gekritiseer.
***Die [...]

Read Users' Comments (0)