Posted in Gemeenskapsake/ Community Events | January 25th, 2010
‘n Romantiese Valentynsbal word op Vrydagaand, 12 Februarie by die Grasdak (Kameeldrift-Oos) aangebied.
Die koste beloop R120 en sluit ‘n manjifieke buffet-ete in.
Kom geniet ‘n stylvolle aand met keurige geregte, polsende musiek en aanskoulike dekor.
Navrae:
Ds Danie van Rensburg 083 289 1869
Posted in Nuus / News | January 25th, 2010
Die Nuus om Agt
*** ‘n Reddingsoperasie is aan die gang nadat ‘n Ethiopiese
passasiersvliegtuig in die Mediterreense See geval het kort nadat dit in
stormagtige weer van die lughawe van Beiroet in Libanon opgestyg het.
Dit is nie bekend of daar enige oorlewendes is nie.
Volgens die jongste berigte was daar 83 passasiers en nege bemanningslede
aan boord.
Ooggetuies sê hulle [...]
Posted in Nuus / News | January 22nd, 2010
Die Nuus om Elf
………………………………………………………………………………..
…..
*** Drie vermeende misdadigers is vanoggend op die R102 naby Mandeni, noord van Durban, deur die polisie doodgeskiet.
Twee van hulle is daarvan verdink dat hulle by die Kersnag-slagting in
Mandeni betrokke was, terwyl die derde een gesoek was vir kapings en
transito-rooftogte.
Direkteur Phindile Radebe van die KwaZulu-Natalse polisie sê ‘n vierde
verdagte het weggekom.
Sy sê [...]
Posted in Nuus / News | January 21st, 2010
Die Nuus om Elf
*** Motoriste was vanoggend ure lank in ‘n verkeersopeenhoping op die
N1-suid tussen Pretoria en Johannesburg vasgevang nadat sewe voertuie in ‘n ongeluk betrokke was.
Superintendent Wayne Minnaar van die Johannesburgse Metropolisie sê niemand is in die ongeluk, wat net na vyfuur plaasgevind het, beseer nie.
*** Intussen het swaar reën oor Gauteng ook verkeer [...]
Posted in Nuus / News | January 19th, 2010
PenOrent Nuus: Dinsdag 19 Januarie 2010.
Die nuus om elfuur:
***Die TLU SA Noord se Jongboer-komitee gaan op 6 Februarie ‘n optog teen plaasgeweld in Pretoria hou.
Die optog sal om half tien die oggend by die LC de Villiers sportveld in Hatfield begin en by die polisiehoofkantoor in die midedstad eindig waar ‘n griefskrif oorhandig sal word.
TLU [...]
Posted in Nuus / News | January 18th, 2010
Die Nuus om Elf
*** ‘n Vrou en vier skoolkinders is vanoggend ernstig beseer toe hulle suid
van Durban deur ‘n taxi getref is.
‘n Nooddienste-woordvoerder Jeff Wicks sê die beseerdes het op ‘n sypaadjie vir ‘n saamrygeleentheid gewag toe die bestuurder van die taxi beheer oor sy voertuig verloor en hulle raakgery het.
Die taxibestuurders en sy passasiers [...]
Posted in Nuus / News | January 15th, 2010
Die Nuus om Agt
*** Die Onafhanklike Klagtedirektoraat het aanbeveel dat daar teen die Vrystaatse polisiehoof, kommissaris Amon Mashigo, en sommige van sy adjunkte opgetree word oor die manipulering van misdaadsyfers, die misbruik van reistoelaes en ongemagtigde aanstellings.
Die direktoraat se Noord-Kaapse hoof, Dan Morema, het die ondersoek in opdrag van president Jacob Zuma se kantoor gedoen.
Hy [...]
Posted in Nuus / News | January 14th, 2010
Die nuus om agtuur:
***’n Egpaar is in verband met die beweerde bedryf van ‘n onwettige aborsie-kliniek in Bruma, Johannesburg in hegtenis geneem.
Die egpaar, wat in hul veertigs is, is na ‘n wenk deur plaaslike inwoners vasgetrek.
Daar is tydens ‘n klopjag op die perseel op mediese toerusting afgekom wat daarop dui dat ‘n onwettige aborsiekliniek bedryf [...]
Posted in Nuus / News | January 13th, 2010
Die nuus om agtuur:
***Daar word gevrees dat duisende mense dood is toe die eilandstaat Haïti deur ‘n kragtige ondersese aardbewing van sewe op die Richterskaal geskud is.
Talle geboue in die hoofstad Port au Prince, waar onder ‘n hospitaal en die
presidensiële paleis, het inmekaar getuimel.
Reddingswerkers soek in die puin na moontlike oorlewendes.
Die aardbewing is deur drie [...]
Posted in Nuus / News | January 8th, 2010
Die nuus om elfuur:
***Polisie in die Oos-Kaap het 27 mense in hegtenis geneem nadat ‘n ontstoke groep nege hutte , onder wie ‘n hoofman s’n,
op Ngcobo aan die brand gesteek het.
Inwoners beweer dat die plaaslike hoofman hul vee steel.
Een van die gesteelde skape is glo in die hoofman se kraal gekry.
Die groep sal na verwagting [...]