KLIP KLAP Antiek- en Kunsmark - 17 Januarie

 
Klip Klap Antiek- en Kunsmark bied  weer Sondag die 17de Januarie 2010  tussen 09:00 en 15:00 ‘n heerlike kunsmark aan.

ADRES: Leanderstraat (wat oorkant die Die Werf-restaurant, uit Olympusrylaan) nr 78A .

Daar is baie te sien en  te koop, en daar word heerlike goed te eet  en drink aangebied.

Vir meer besonderhede kontak Chris by 082-755 0586.

Read Users' Comments (0)

NUUS: 7 Januarie 2010 om 11:00

Die Nuus om Elf
***  Die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, het haar
teleurstelling uitgespreek oor die feit dat die matriek-slaagsyfer met net
minder as twee persent gedaal het teenoor 2008 se slaagsyfer.
Sestig-komma-sewe persent van die matrieks het geslaag.
Motshekga het in Pretoria gesê die departement sal stappe doen om te
verseker dat die onderwysstelsel verbeter.
***  Die Suid-Afrikaanse Demokratiese [...]

Read Users' Comments (0)

NUUS: 6 Januarie 2010 om 11:00

Die Nuus om Elf
***  Koeler weer word vandag in die Kaapse Skiereiland ondervind ná een van die warmste dae in ‘n lang tyd.
In die middestad van Kaapstad het die temperatuur teen twaalfuur
gistermiddag op 34 grade Celsius gestaan.
By die Kaapstadse Internasionale Lughawe het die kwik tot 37 grade gestyg,
maar volgens die Weer­diens was dit nie ’n [...]

Read Users' Comments (0)

NUUS: 5 Januarie 2010 om 11:00

Die nuus om elfuur:
*** Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, sal na verwagting vandag amptenare van die onderwys gehaltebeheer liggaam Umalusi  in Pretoria ontmoet om die vertraging in die   vrystelling van Mpumalanga se matriekuitslae te bespreek.
Umalusi het gister aangekondig  dat die ongeveer 60-duisend matrieks in Mpumalanga nie soos leerlinge in die ander agt provinsies [...]

Read Users' Comments (0)

NUUS: 4 Januarie 2010 om 11:00

Die nuus om elfuur:
***Die soektog  na drie mans, wie se vissersboot gisteraand by Buffelsjag naby
Hermanus in die Wes-Kaap omgeslaan het, is vanoggend hervat.
‘n Woordvoerder vir die Nasionale Seereddingsinstituut, Craig Lambinon, sê twee van
die vyf vissermanne het daarin geslaag om die strand te bereik.
‘n Helikopter neem aan die soektog na die drie mans deel.
*** Ongeveer 70 [...]

Read Users' Comments (0)

NUUS: 4 Januarie 2010 om 08:00

Die nuus om agtuur:
***Daar is sprake dat  die voormalige Vlakplaas-bevelvoerder en veroordeelde apartheidsera-moordenaar, Eugene de Kock,  binnekort vrygelaat gaan word.
Beeld berig dat  pres. Jacob Zuma  De Kock in April verlede jaar in die Sentrale Gevangenis in Pretoria besoek het waar hy reeds 15 jaar van sy lewenslange vonnis uitgedien het.
Die 61-jarige De Kock het glo  [...]

Read Users' Comments (0)

 Page 3 of 3 « 1  2  3