Posted in Nuus / News | February 15th, 2010
Die Nuus om Elf
…………………………………………………………………………………….
*** Vyf mense is dood en nog tien beseer toe ‘n taxi verlede nag tussen
Beaufort-Wes en Aberdeen gerol het.
Volgens ‘n polisiewoordvoerder het die bestuurder beheer oor die voertuig verloor nadat ‘n band gebars het.
Vier vroue en ‘n baba is op slag dood.
Die taxi was van die Oos-Kaap af na Kaapstad op pad.
*** [...]
Posted in Gemeenskapsake/ Community Events | February 12th, 2010
Klip Klap Antiek- en Kunsmark bied weer Sondag die 21 Februarie tussen 09h00 en 15h00 ‘n heerlike eklektiese mark aan in Olympus in die Ooste van Pretoria -
Leanderstraat 78A (Draai oos uit Olympusrylaan voor Die Werf Restaurant) .
Daar is baie te sien, te koop en te ete. Nuwe uitstallers te sien.
Vir meer besonderhede [...]
Posted in Nuus / News | February 12th, 2010
Die Nuus om Elf
*** Die Congress of the People se jeugbeweging het president Jacob Zuma as ‘n oortuigde leuenaar bestempel nadat hy in sy staatsrede in die Parlement aangekondig het dat die regering verlede jaar 480-duisend werksgeleenthede geskep het.
Die jeugvleuel sê in ‘n verklaring dit is gewoon nie waar nie en die
president het ‘n onewewigtige, [...]
Posted in Geloofsake / Spirituality, Gemeenskapsake/ Community Events | February 11th, 2010
Huweliksnaweek met Gustav & Elna Muller
Tema: Sleutels & Slotte in die huwelik
Wanneer: 12 - 14 Maart 2010
Waar: Lewende Woord Centurion
Koste: R250 per paar (verversings ingesluit)
Om te registreer kontak asb kerkkantoor 012 654 3600, vir meer inligting of pad aanwysings besoek gerus ons webblad by www.lwc.org.za
Program
VRYDAGAAND
18:30-19:00 Registrasie
19:00-19:30 Lof en aanbidding met vol band
19:30-20:00 Sleutels en [...]
Posted in Nuus / News | February 11th, 2010
Die nuus om elfuur:
*** ‘n Bejaarde egpaar is vanoggend deur hul seun dood in hul huis in Mayville, Pretoria aangetref.
Die man in sy tagtigs is vasgemaak en het op sy gesig in die sitkamer gelê.
Sy vrou, wat ook in haar tagtigs was, het in die huis se gang gelê.
Dis nie bekend of iets uit die [...]
Posted in Nuus / News | February 9th, 2010
Die Nuus om Elf
………………………………………………………………………………..
…..
*** Minstens nege mense is dood in ‘n brand in ‘n weeshuis op Ingogo naby Newcastle in die noorde van KwaZulu-Natal.
Volgens die KwaZulu-Natalse LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Meshack Radebe, is die eienaar en haar seun onder die oorledenes.
Hy sê die polisie soek nog onder die puin na nog liggame.
Dit is [...]
Posted in Gemeenskapsake/ Community Events | February 9th, 2010
Fondsinsamelingsgeleentheid ten bate van die SAVF Pretoria Maatskaplike Werk Dienste:
Manne-Ontbyt
Bentley’s Country Lodge
12 Maart 2010
R250 p.p
Ontbyt saam met bekendes en legendes!
Die Pretoria Maatskaplike Dienste is die grootste van 33 maatskaplike werk kantore binne die Suid-afrikaanse Vrouefederasie wat die 5 Noordelike provinsies bedien, naamlik: Gauteng, Northern Province, North-West Province, Limpopo Province and Kwa-Zulu Natal. Die personneelkomponent behels [...]
Posted in Nuus / News | February 8th, 2010
Die Nuus om Elf
*** Vyf-en-twintig mense is vanoggend beseer in ‘n ongeluk in Durban waarin
sewe voertuie - insluitend drie minibus-taxi’s - betrokke was.
Netcare 911-woordvoerder Jeff Wicks sê die meeste van die beseerdes was
insittendes van die taxi’s.
*** Agt skoolkinders is beseer in ‘n botsing tussen ‘n minibus-taxi en ‘n
bakkie in Pietermaritzburg.
Volgens ‘n nooddienste-woordvoerder is drie van [...]
Posted in Nuus / News | February 5th, 2010
Die Nuus om Elf
………………………………………………………………………………..
…..
*** ‘n Inspekteur van die Germistonse blitspatrollie is vir moord in
hegtenis geneem nadat ‘n smous - ‘n Egiptiese burger - by die
Brumameer-vlooimark doodgeskiet en van sy geld beroof is.
Die polisie se kaptein Julia Claassen sê drie verdagtes het die smous
oorrompel en geskiet nadat hy met ‘n geldboks uit sy stalletjie gekom het.
Hulle [...]
Posted in Gemeenskapsake/ Community Events | February 4th, 2010
We the parents/guardians of the Connie Mulder Centre is busy to raise funds to equip the frail care unit. Please support us. Our website: www.connie.co.za
Charity Valentine’s Dance for The Connie Mulder Centre for Multi-disabled adults
Date: 12 February 2010
Time: 19:00
Venue: Boerefort Primary School. 325 De Beerstreet, Wonderboom-South
Cost: R50.00 per person
Bring your own basket with food and [...]