Baie geluk, slanke Nikki!

Nikki Wiers - Na twee maande met Simply Slim
Nikki Wiers is die waardige wenner van die Rippel 90.5- en Simply Slim-uitdaging.
‘n Pragtige en slanke Nikki het ‘n ongelooflike 25 kg verloor, en dit na net drie maande.
Jy’s ‘n inspirasie, Nikki…

Nikki Wiers - Voor Simply Slim
NIKKI SE GETUIGSKRIF:
”Na slegs twee maande wat ek Simply Slim gebruik, het ek uitstekende resultate gehad - ek het 17.7 kg verloor!
’n Wonderlike aspek van hierdie produk is dat jy net een kapsule ‘n dag neem. Jy hoef jou nie te bekommer oor intensiewe leefstylaanpassings, as jy dit nie regtig wil doen nie.
Ek moes egter gewoond raak aan die droeë-mond-gevoel, maar na ‘n maand was dit nie so opvallend nie. Die punt is om baie, baie water te drink (dis gesond en werk hand-aan-hand met die kapsule). Ek het dwarsdeur die dag water gedrink en nooit uitermatig dors gevoel nie.
Energie! Dit is die heel beste simptoom van die kapsule! Ek het soveel ekstra energie en voel nooit moeg of lui nie. As jy nie ‘n oefenprogram wil volg nie, is die ekstra energie ‘n groot bonus.
Nog ‘n groot pluspunt is dat ek nooit meer ‘n behoefte gehad het na soetgoed of versnapperinge nie. Vroeër het ek altyd tussen maaltye en ook saans na snoepgoed gegryp, maar met Simply Slim het ek nie meer daarvoor lus gevoel nie.
Ek het wel my eetgewoontes aangepas en ‘n oefenprogram begin volg (wat in elk geval goed is vir ‘n gesonde lewenstyl), maar al sou jy net jou porsiegrootte effens aanpas terwyl jy Simply Slim gebruik, kan jy steeds gewig verloor. Die keuse is joune.
Ek het voorheen baie ander dieetpilletjies probeer, en dit was onsuksesvol. Simply Slim is die enigste produk wat ek ooit gedrink het wat waarlik werk.
Daar is nog een maand oor van die Simply Slim-uitdaging. Komaan, probeer dit, al wat jy kan verloor is gewig!”
- Nikki Wiers