Basaar: Hervormde Kerk Silverton - 28 November
Die ouens van die Hervormde Kerk in Silverton woeker alweer
en ons sal baie dankbaar wees as julle ons basaar adverteer.
Eersdaags is dit feestyd en tyd vir polfyntjies
of outydse gemmerbier met skop en rosyntjies
Met ons bodemlose koffie is ons gasvry en gul
Kom koop brood en beskuit om aan te smul.
Die pannekoektafel raak hoe later hoe kwater
En vetkoek met maalvleis sal jou mond laat water
Worsrolle, asook kerrie-en-rys uit die boek
Met konfyte en terte en poedings en koek.
By die wit-olifant-tafel slaan jy dalk ‘n slag
Waaroor jy allie pad tot by die huis kan lag.
Ons vleispasteie is soos van ouds se lekker
Om agt-uur daar te wees, stel jou wekker
PLEK: H/v Fakkel- en Presidentstraat, Silverton
TYD: Saterdagoggend vanaf 08h00 28 November 2009.
KONTAK: Tannie Corrie (012) 804-8674 076-237-3011