NUUS: 12 April 2010 om 11:00

Die Nuus om Elf
………………………………………………………………………………..
…..
***  Die prokureur van die 15-jarige verdagte in die Eugene
Terre’Blanche-moordsaak het bevestig dat die minderjarige kind nie deur
Terre’Blanche seksueel gemolesteer of mishandel is nie.
Dit ná berigte die naweek dat die verdagtes glo hulleself verdedig het teen
beweerde seksuele toenadering.
Volgens die SAUK het die jeugdige se prokureur, Zola Majavu, vanoggend gesê
ingevolge die nuwe Kinderwet [...]

Read Users' Comments (0)

NUUS: 7 April om 11:00

Die Nuus om Elf
………………………………………………………………………………..
…..
***  ‘n Woordvoerder van die ANC, Ishmael Mnisi, kon nie vanoggend ‘n berig bevestig dat die party se jeugleier, Julius Malema, aangesê is om nie meer die woorde “Skiet die Boere” as deel van ’n omstrede bevrydingslied te sing nie.
Hy sê hy weet egter dat amptenare van die ANC dit eens is [...]

Read Users' Comments (0)

NUUS: 30 Maart 2010 om 08:00

# Die minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, Gugile Nkwinti, het boere gewaarsku om saam te werk om ‘n krisis af te weer wat hy beskryf as erger as dié in Zimbabwe. Hy het in ‘n televisie-onderhoud gesê swart Suid-Afrikaners wil hê landbougrond moet genasionaliseer word omdat dit hulle tydens die apartheidstryd beloof is. Die [...]

Read Users' Comments (0)

NUUS: 25 Maart om 11:00

NUUSFLITS NUUSAGENTSKAP 25 Maart 2010 11 vm  
 
# Die leier van die Demokratiese Alliansie, Helen Zille, sê haar party gaan voort om oral in Suid-Afrika te groei en wen al meer setels wat voorheen aan die ANC behoort het. Sy het kommentaar gelewer na DA-oorwinnings in tussenverkiesings in die plaaslike owerhede Boland, Breedevallei en Theewaterskloof. [...]

Read Users' Comments (0)

NUUS: 23 Maart 2010 om 11:00

Die Nuus om Elf
***  Duisende pendelaars is vanoggend gestrand gelaat weens die staking deur taxiverenigings in die Wes-Kaap.
Volgens berigte is vragmotors en busse glo op die N2 met klippe bestook.
Xenophone Wentzel van die Wes-Kaapse verkeersdepartement sê by die Nyanga-taxistaanplek is busse ook met klippe gegooi.
Die Wes-Kaapse Taxi-alliansie - wat meer as 150 taxigroepe verteenwoordig - [...]

Read Users' Comments (0)

NUUS: 16 Maart om 11:00

# President Jacob Zuma sê hy sal nie sy organisasie teengaan as takke hom sou benoem vir ‘n tweede termyn as president van die organisasie nie. Business Day berig dat hy sê sy volgende stap word altyd deur die ANC bepaal. Zuma wou nie bespiegel waar daar reeds opvolgstryde is nie, maar mense wat hulle [...]

Read Users' Comments (0)

NUUS: 15 Maart om 11:00

Die Nuus om Elf
………………………………………………………………………………..
…..
***  Sewe mense is dood en nog vyf beseer toe ‘n minibus-taxi vanoggend op die Mabopane-hoofweg naby Rosslyn buite Pretoria gerol het.
Volgens ER24-woordvoerder Werner Vermaak is drie van die beseerdes in ‘n kritieke toestand na die hospitaal geneem.
Hy sê reddingswerkers van die Tshwane-brandweerdiens moes lewenskake gebruik om sommige van die insittendes uit [...]

Read Users' Comments (0)

NUUS: 12 Maart om 11:00

Die Nuus om Elf
………………………………………………………………………………..
…..
***  ‘n Pretoriase skoolmeisie wat Woensdag weens oorinfeksie by die huis gebly het, is met ‘n mes doodgesteek, terwyl haar moordenaars ook haar hande afgekap en saam met hulle geneem het.
Die 17-jarige Anika Smit se pa het ná werk op haar naakte liggaam in hulle huis in Theresapark in die noorde van [...]

Read Users' Comments (0)

NUUS: 11 Maart om 11:00

 
PenOrent Nuus: Donderdag 11 Maart 2010.
 
Die nuus om elfuur:
 
***Die LUR vir finansies in Kwazulu-Natal,  Ina Cronje, het bekend gemaak dat vyf munisipaliteite in die provinsie meer as sewe miljard rand in uitstaande dienstegeld en belasting  geskuld word.
Sy het gesê ses miljard rand wat al langer as 90 dae uitstaande is , sal waarskynlik as slegte [...]

Read Users' Comments (0)

FOTO’s: Ongeluk by Atterbury-afrit, 10-11 Maart 2010

Sapa berig op www.news24.com:
“Ingenieurs het deur die nag gewerk om die hyskraan te stabiliseer om te verhoed dat dit inmekaarstort,” het Tleane gesê.
“Daar is gevind dat dit sowat ‘n meter geskuif het. ‘n Besluit is gemaak dat die beste opsie is om dit uitmekaar te haal en dan weer aanmekaar te sit sodat motoriste nie [...]

Read Users' Comments (0)

 Page 1 of 10  1  2  3  4  5 » ...  Last »