NUUS: 10 Maart 2010 om 11:00

PenOrent Nuus: Woensdag 10 Maart 2010.
 
Die nuus om elfuur:
 
***’n Amerikaanse bemarkingspesialis eis twaalf-komma-ses miljoen rand van die Monateng Safari Lodge buite Pretoria nadat hy in 2008 op ‘n nat stoep gegly en geval het.
Die 55-jarige Michael Francis Klesh sê in hofstukke hy het ‘n werwelfraktuur opgedoen en sy linkerpolsgewrig is gebreek. Volgens Klesh was daar nie [...]

Read Users' Comments (0)

NUUS: 9 Maart 2010 om 08:00

Die Nuus om Agt
…………………………………………………………………………………….
***  Die wrak van ‘n gemotoriseerde sweeftuig wat Sondag vermis geraak het, is gisternamiddag langs die Breërivier naby Worcester gevind.
Die vlieënier, Adrian Hepburn, is in die ongeluk dood, terwyl sy vrou, Adri, met ernstige beserings per helikopter na die Worcester Medi-Clinic geneem is.
Volgens die polisie het die sweeftuig Sondag in ‘n beboste [...]

Read Users' Comments (0)

NUUS: 5 Maart 2010 om 08:00

Die Nuus om Agt
………………………………………………………………………………..
…..
***  Die Sweedse seereddingsdiens sê vier veerbote met meer as ‘n duisend passasiers aan boord sit steeds vas in ys in die Baltiese See.
Woordvoerder Peter Lindquist sê almal aan boord is veilig en daar is nog geen planne om die vasgekeerde passasiers van die bote af te verwyder nie.
Reddingshelikopters en militêre skeertuie [...]

Read Users' Comments (0)

NUUS: 2 Maart 2010 om 11:00

PenOrent Nuus: Dinsdag 2 Maart 2010.
 
Die nuus om elfuur:
 
***Sewe hoërskoolleerlinge is vanoggend dood en drie ander beseer in ‘n botsing tussen ‘n trein en ‘n bussie in Noordwes.
Die ongeluk het by ‘n spooroorgang op Sandfontein naby Rustenburg plaasgevind.
Die kinders wat oppad skooltoe was, is dood toe die bussie waarin hulle gery het voor ‘n aankomende [...]

Read Users' Comments (0)

NUUS: 1 Maart 2010 om 11:00

Die Nuus om Elf
………………………………………………………………………………..
…..
***  Die nuwe voorsitter van die Afrikanerbond, Pieter Vorster - ‘n
prokureur van Bloemfontein - sê Afrikaners word tans soos toeskouers en tweedeklas burgers in hulle eie land behandel.
Hy het ná sy verkiesing in Johannesburg gesê hoe gouer die regering en die ANC besef dat Afrikaners en ander minderhede integraal deel is van [...]

Read Users' Comments (0)

NUUS: 23 Februarie 2010 om 11:00

Die Nuus om Elf
***  Die leier van die ANC Jeugliga, Julius Malema, sê hy hoef slegs aan die ANC en die Jeugliga verantwoording te doen.
Hy het vanoggend in ‘n radio-onderhoud gesê hy het dit aan president Jacob Zuma en aan die party se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, gestel dat hy bereid is om slegs aan die [...]

Read Users' Comments (0)

NUUS: 22 Februarie om 11:00

Die nuus om elfuur:
***Die Vryheidsfront Plus sê hy gaan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens  versoek om onmiddellik ondersoek in te  stel na die ANC jeugliga-leier,  Julius Malema, se inkomste en sy werklike bydra tot belasting die afgelope paar jaar.
Volgens sommige bronne beloop  Malema se inkomste 20-duisend rand maandeliks en besit hy twee huise met ‘n gesamentlike waarde [...]

Read Users' Comments (0)

NUUS: 19 Februarie 2010 om 11:00

Die Nuus om Elf
***  ‘n Man is vanoggend gewond en vier minibus-taxi’s aan die brand gesteek by ‘n taxi-staanplek in Germiston aan die Oos-Rand.
Die polisie is omstreeks half-sewe vanoggend na die toneel uitgeroep ná ‘n skietery.
Twee mans wat na bewering op mense losgebrand het, is in hegtenis geneem.
Pendelaars is aangesê om die toneel te verlaat.
Die [...]

Read Users' Comments (0)

NUUS: 18 Februarie 2010 om 11:00

Die Nuus om Elf
***  Die Transvaalse Landbou-unie, TLU SA, sê hy het namens alle boere in die land met skok kennis geneem van die styging in die brandstofheffing van meer as 25 sent per liter wat gister deur die minister van Finansies, Pravin Gordhan, aangekondig is.
Die voorsitter van TLU SA, Ben Marais, sê in ‘n [...]

Read Users' Comments (0)

NUUS: 17 Februarie 2010 om 11:00

Die nuus om elfuur:
***Die leier van die DA, Helen Zille, sê sy gaan vanoggend ‘n besoek aan die Mowbray polisiestasie in Kaapstad bring om ondersoek in te stel na die omstandighede rondom die omstrede arrestasie en aanhouding van ‘n 25-jarige Ikey student.
Zille sê dit wil voorkom of Chumani Maxwele, wat lank oor die voorval  ondervra [...]

Read Users' Comments (0)

 Page 2 of 10 « 1  2  3  4  5 » ...  Last »