Posted in Nuus / News | February 15th, 2010
Die Nuus om Elf
…………………………………………………………………………………….
*** Vyf mense is dood en nog tien beseer toe ‘n taxi verlede nag tussen
Beaufort-Wes en Aberdeen gerol het.
Volgens ‘n polisiewoordvoerder het die bestuurder beheer oor die voertuig verloor nadat ‘n band gebars het.
Vier vroue en ‘n baba is op slag dood.
Die taxi was van die Oos-Kaap af na Kaapstad op pad.
*** [...]
Posted in Nuus / News | February 12th, 2010
Die Nuus om Elf
*** Die Congress of the People se jeugbeweging het president Jacob Zuma as ‘n oortuigde leuenaar bestempel nadat hy in sy staatsrede in die Parlement aangekondig het dat die regering verlede jaar 480-duisend werksgeleenthede geskep het.
Die jeugvleuel sê in ‘n verklaring dit is gewoon nie waar nie en die
president het ‘n onewewigtige, [...]
Posted in Nuus / News | February 11th, 2010
Die nuus om elfuur:
*** ‘n Bejaarde egpaar is vanoggend deur hul seun dood in hul huis in Mayville, Pretoria aangetref.
Die man in sy tagtigs is vasgemaak en het op sy gesig in die sitkamer gelê.
Sy vrou, wat ook in haar tagtigs was, het in die huis se gang gelê.
Dis nie bekend of iets uit die [...]
Posted in Nuus / News | February 9th, 2010
Die Nuus om Elf
………………………………………………………………………………..
…..
*** Minstens nege mense is dood in ‘n brand in ‘n weeshuis op Ingogo naby Newcastle in die noorde van KwaZulu-Natal.
Volgens die KwaZulu-Natalse LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Meshack Radebe, is die eienaar en haar seun onder die oorledenes.
Hy sê die polisie soek nog onder die puin na nog liggame.
Dit is [...]
Posted in Nuus / News | February 8th, 2010
Die Nuus om Elf
*** Vyf-en-twintig mense is vanoggend beseer in ‘n ongeluk in Durban waarin
sewe voertuie - insluitend drie minibus-taxi’s - betrokke was.
Netcare 911-woordvoerder Jeff Wicks sê die meeste van die beseerdes was
insittendes van die taxi’s.
*** Agt skoolkinders is beseer in ‘n botsing tussen ‘n minibus-taxi en ‘n
bakkie in Pietermaritzburg.
Volgens ‘n nooddienste-woordvoerder is drie van [...]
Posted in Nuus / News | February 5th, 2010
Die Nuus om Elf
………………………………………………………………………………..
…..
*** ‘n Inspekteur van die Germistonse blitspatrollie is vir moord in
hegtenis geneem nadat ‘n smous - ‘n Egiptiese burger - by die
Brumameer-vlooimark doodgeskiet en van sy geld beroof is.
Die polisie se kaptein Julia Claassen sê drie verdagtes het die smous
oorrompel en geskiet nadat hy met ‘n geldboks uit sy stalletjie gekom het.
Hulle [...]
Posted in Nuus / News | February 4th, 2010
Die Nuus om Elf
………………………………………………………………………………..
…..
*** Die Inkatha Vryheidsparty se hofsaak teen president Jacob Zuma se
versuim om die afgelope ses jaar aan meer as 380 presidensiële kwytskeldings van die party aandag te gee, word vandag in die Konstitusionele Hof aangehoor.
Die party het die hof versoek om Zuma te dwing om binne ‘n maand oor hulle aansoeke te [...]
Posted in Nuus / News | February 3rd, 2010
Die nuus om elfuur:
Een mens is blykbaar dood toe ‘n ligte vliegtuig vanoggend in Pretoria-Noord teen ‘n heuwel vasgevlieg het. Besonderhede is nog skraps, maar ‘n passassier het volgens berigte die ongeluk in Akasia oorleef. Dit is nog nie seker hoeveel mense op die vliegtuig was nie. Paramedici sê hulle kollegas het gesukkel om die [...]
Posted in Nuus / News | February 1st, 2010
Die Nuus om Elf
………………………………………………………………………………..
…..
*** Vrystaat Landbou vergader vandag in Bloemfontein met verteenwoordigers van staatsdepartemente en ander rolspelers oor noodhulpmaatreëls vir boere wat weens oorstromings groot skade gely het.
Die hoofbestuurder van Vrystaat Landbou, Henk Vermeulen, sê miljoene rand se skade is aangerig en die regering sal bystand moet verleen.
Distrikte wat erg geraak is deur die vloede [...]
Posted in Nuus / News | January 29th, 2010
Die Nuus om Elf
*** Duisende polisielede van regoor die land het by Vodacom Park in
Bloemfontein byeengekom vir die viering van Nasionale Polisiedag.
Volgens berigte het die polisielede per trein, busse en minibus-taxi’s
aangekom en tot 50-duisend is verwag.
Die Polisiedag is ingestel om erkenning aan die polisie te gee vir hulle
werk om misdaad te beveg.
Die minister van Polisie, [...]
Page 3 of 10 « 1 2 3 4 5 » ... Last »