NUUS: 28 Januarie 2010 om 11:00

 
PenOrent Nuus: Donderdag 28 Januarie 2010.
 
Die nuus om elfuur:
 
*** Die voormalige Springbok- en Bulls-flank Ruben Kruger het sy jarelange stryd teen breinkanker verloor.
Kruger is gisteraand in die ouderdom van 39 jaar in ‘n Pretoriase hospitaal oorlede.
Hy het van 1993 tot 1999 as Springbok-flank uitgedraf en was deel van die seevierende Wêreldbeker-kampioenspan van 1995.
Kruger laat sy [...]

Read Users' Comments (0)

NUUS: 27 Januarie 2010 om 11:00

PenOrent Nuus: Woensdag 27 Januarie 2010.
 
Die nuus om elfuur:
 
***Die gesin wat  die naweek  uitgewis is toe motorkapers op die R30 tussen Derby en Noordwes in hul motor vasgejaag het, word vandag saam in een graf begrawe.
Die 30-jarige Johan Fourie  sy vrou, Talita  en hul babaseun van twee maande  is op slag dood.
Die gesin se begrafnisdiens [...]

Read Users' Comments (0)

NUUS: 26 Januarie 2010 om 11:00

Die Nuus om Elf
………………………………………………………………………………..
…..
***  Vier mense is dood en nog nege beseer in ‘n botsing vroeg vanoggend op die N1 naby die Zambezi-afrit in Pretoria.
Inspekteur Ben Strydom van die Gautengse polisie sê die vragmotor het op die pad gestaan en die taxi het van agter daarin vasgejaag.
Vier van die taxi se insittendes is op slag [...]

Read Users' Comments (0)

NUUS: 25 Januarie 2010 om 08:00

Die Nuus om Agt
***  ‘n Reddingsoperasie is aan die gang nadat ‘n Ethiopiese
passasiersvliegtuig in die Mediterreense See geval het kort nadat dit in
stormagtige weer van die lughawe van Beiroet in Libanon opgestyg het.
Dit is nie bekend of daar enige oorlewendes is nie.
Volgens die jongste berigte was daar 83 passasiers en nege bemanningslede
aan boord.
Ooggetuies sê hulle [...]

Read Users' Comments (0)

NUUS: 22 Januarie 2010 om 11:00

Die Nuus om Elf
………………………………………………………………………………..
…..
***  Drie vermeende misdadigers is vanoggend op die R102 naby Mandeni, noord van Durban, deur die polisie doodgeskiet.
Twee van hulle is daarvan verdink dat hulle by die Kersnag-slagting in
Mandeni betrokke was, terwyl die derde een gesoek was vir kapings en
transito-rooftogte.
Direkteur Phindile Radebe van die KwaZulu-Natalse polisie sê ‘n vierde
verdagte het weggekom.
Sy sê [...]

Read Users' Comments (0)

NUUS: 21 Januarie 2010 om 11:00

Die Nuus om Elf
***  Motoriste was vanoggend ure lank in ‘n verkeersopeenhoping op die
N1-suid tussen Pretoria en Johannesburg vasgevang nadat sewe voertuie in ‘n ongeluk betrokke was.
Superintendent Wayne Minnaar van die Johannesburgse Metropolisie sê niemand is in die ongeluk, wat net na vyfuur plaasgevind het, beseer nie.
***  Intussen het swaar reën oor Gauteng ook verkeer [...]

Read Users' Comments (0)

NUUS: 19 Januarie 2010 om 11:00

PenOrent Nuus: Dinsdag 19 Januarie 2010.
 
Die nuus om elfuur:
 
***Die TLU SA Noord se Jongboer-komitee gaan op 6 Februarie ‘n optog teen plaasgeweld in Pretoria hou.
 
Die optog sal om half tien die oggend by die LC de Villiers sportveld in Hatfield begin  en by die polisiehoofkantoor in die midedstad eindig waar ‘n griefskrif oorhandig sal word.
 
TLU [...]

Read Users' Comments (0)

NUUS: 18 Januarie 2010 om 11:00

Die Nuus om Elf
***  ‘n Vrou en vier skoolkinders is vanoggend ernstig beseer toe hulle suid
van Durban deur ‘n taxi getref is.
‘n Nooddienste-woordvoerder Jeff Wicks sê die beseerdes het op ‘n sypaadjie vir ‘n saamrygeleentheid gewag toe die bestuurder van die taxi beheer oor sy voertuig verloor en hulle raakgery het.
Die taxibestuurders en sy passasiers [...]

Read Users' Comments (0)

NUUS: 15 Januarie 2010 om 08:00

Die Nuus om Agt
***  Die Onafhanklike Klagtedirektoraat het aanbeveel dat daar teen die Vrystaatse polisiehoof, kommissaris Amon Mashigo, en sommige van sy adjunkte opgetree word oor die manipulering van misdaadsyfers, die misbruik van reistoelaes en ongemagtigde aanstellings.
Die direktoraat se Noord-Kaapse hoof, Dan Morema, het die ondersoek in opdrag van president Jacob Zuma se kantoor gedoen.
Hy [...]

Read Users' Comments (0)

NUUS: 14 Januarie 2010 om 08:00

Die nuus om agtuur:
***’n Egpaar is in verband met die beweerde bedryf van ‘n onwettige aborsie-kliniek  in Bruma, Johannesburg in hegtenis geneem.
Die egpaar, wat in hul veertigs is, is na ‘n wenk deur plaaslike inwoners vasgetrek.
Daar is tydens ‘n klopjag op die perseel op mediese toerusting afgekom wat daarop dui dat ‘n onwettige aborsiekliniek bedryf [...]

Read Users' Comments (0)

 Page 4 of 10  « First  ... « 2  3  4  5  6 » ...  Last »