NUUS: 2 Desember 2009 om 08:00

Die Nuus om Agt
***  Die vakbond, Solidariteit, sê hy gaan enige aansoek van Eskom vir ‘n
tariefverhoging teenstaan totdat Eskom ʼn behoorlike finansieringsmodel vir sy kapasiteitsuitbreiding gefinaliseer het.
Dit volg nadat Eskom ʼn hersiene tariefverhogingaansoek van 35-persent by NERSA ingedien het.
Solidariteitwoordvoerder Jaco Kleynhans sê die jongste versoek is ook onaanvaarbaar en die vakbond sal dit ten sterkste [...]

Read Users' Comments (0)

NUUS: 1 Desember om 11:00

Die nuus om elfuur:
***Eskom het sy aansoek vir tariefverhogings tot 35 persent per jaar oor die volgende drie jaar verlaag.
Die nasionale elektrisiteitsvoorsiener het vroeër 45 persent gesoek.
‘n senior beampte van die Nasionale Energiereguleerder het bevestig dat Eskom sy tariefaansoek tot 35 persent verlaag het.
Die ANC en vakbonde het Eskom se vroeëre aansoek gekritiseer.
***Die [...]

Read Users' Comments (0)

NUUS: 30 November om 08:00

Die nuus om agtuur:
***Twee Mosambiekse rowers wat ‘n padstal naby Brits in Noordwes beroof het, is dood toe die motor waarin hulle en nog drie ander landgenote was tydens ‘n jaagtog in ‘n muur vasgejaag het.
Die drie rowers wat beseer is, is onder polisiebewaking in die hospitaal.
Die polisie het beslag gelê op twee [...]

Read Users' Comments (0)

NUUS: 26 November 2009 om 08:00

Die nuus om agtuur:
***’n Senior amptenaar van die George munisipaliteit het gewaarsku dat die Suid-Kaapse dorp se waternetwerk tydelik afgesluit kan word as daar nie gou verligting kom vir die verslegtende watersituasie nie.
Dit sal meebring dat die ongeveer 190-duisend inwoners net water op bepaalde tye by bepaalde punte in die dorp [...]

Read Users' Comments (0)

NUUS: 23 November om 08:00

Die Nuus om Agt
***   ‘n Diereregte-organisasie het ‘n aansoek om ‘n hofbevel teen onder
meer koning Goodwill Zwelithini ingedien om te keer dat jong mans tydens die jaarlikse oesfees ‘n bul met hulle kaal hande doodmaak.
Beeld sê die aansoek is by die hooggeregshof in Pietermaritzburg ingedien
nadat die organisasie, Animal Rights Africa, al van 16 Oktober af [...]

Read Users' Comments (0)

NUUS: 19 November om 08:00

Die Nuus om Agt
***  Die kabinet het besluit om ‘n tussen-ministeriële taakspan teen
korrupsie aan te stel. Dit kom ná ‘n onlangse verslag van die
Staatsdienskommissie waarin wydverspreide korrupsie onder staatsamptenare
oopgevlek is.
Die regering se woordvoerder Themba Maseko het ná ‘n kabinetsvergadering
gesê stappe moet gedoen word om korrupsie uit te roei omdat dit die land se
beeld plaaslik en [...]

Read Users' Comments (0)

NUUS: 17 November om 08:00

Die nuus om agtuur:
***Die selfoon operateur MTN gaan sowat sewe persent  van sy personeel in Suid-Afrika afdank weens die resessie en verhoogde mededinging wat sy bedrywighede in Suid-Afrika aan bande lê.
MTN het gister bevestig dat hy sowat 403 permanente werknemers oor die komende maande gaan afdank.
Selfoonoperateurs sukkel afgesien van die resessie met ‘n versadigde mark, [...]

Read Users' Comments (0)

NUUS: 16 November om 11:00

Die Nuus om Elf
***  Die name is bekendgemaak van die drie mense wat in gister se
vliegtuigongeluk in Windhoek dood is.
Hulle was die Suid-Afrikaanse vlieënier, Dhaien Govender, ‘n Namibiese sakeman, Chrissie Schubert, en nog ‘n Namibiese burter, Gernot Zimmerman.
Die ligte vliegtuig het vroeg gisteroggend neergestort pas nadat dit by die Eros-lughawe onderweg na Ngiva in die [...]

Read Users' Comments (0)

NUUS: 16 November om 08:00

Die Nuus om Agt
***  Vier mans is dood nadat gewapende mans gisteroggend op klante in ‘n
sjebeen by die Nancefield-jeugherberg in Soweto losgebrand het.
Die polisie se superintendent Kay Makhubela sê klante het sorghum-bier sit
en drink toe twee gewapende mans blindelings op hulle begin skiet het.
Die motief vir die skietery is onbekend en niemand is tot dusver [...]

Read Users' Comments (0)

NUUS: 13 November om 11:00

Die Nuus om Elf
***  Die departement van Binnelandse Sake - wat onder meer vir die opsporing
en deportasie van onwettige immigrante verantwoordelik is - het geen idee
hoeveel onwettige buitelanders in die land is nie.
Die minister, Nkosazana Dlamini-Zuma, het op ‘n media-inligtingsvergadering
by die Parlement gesê dit is moeilik om so ‘n syfer te verskaf .
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens [...]

Read Users' Comments (0)

 Page 6 of 10  « First  ... « 4  5  6  7  8 » ...  Last »