Posted in Nuus / News | November 9th, 2009
Maandag 9 November 2009
In die Nuus om Een
** Aanduidings van ‘n draaipunt in die verkope van nuwe voertuie,
** Christen-Demokratiese Party sê alle Suid-Afrikaners kwalifiseer vir
BBP-beskerming,
** EN, ‘n veiligheidswag in ‘n transito-rooftog in KwaZulu-Natal
doodgeskiet.
*** Die nasionale vereniging van voertuigvervaardigers (Naamsa) sê die
aanduidings is dat die verkope van nuwe motors en handelsvoertuie ’n
onderste draaipunt bereik het.
Naamsa sê [...]
Posted in Nuus / News | November 9th, 2009
Maandag 9 November 2009
Die Nuus om Elf
*** Ses mense is beseer toe ‘n motor vanoggend verskeie kere op die N1 naby Vanderbijlpark gerol het. Volgens ER24-woordvoerder Werner Vermaak is die bestuurder in ‘n kritieke toestand nadat hy uit die motor geslinger is. Die ander vyf insittendes is ook in ‘n ernstige toestand in die hospitaal [...]
Posted in Nuus / News | November 9th, 2009
Maandag 9 November 2009
Die Nuus om Agt
*** Miljoene rande se bedrog en finansiële onreëlmatighede het glo by die
Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) voorgekom,
terwyl arm mense honger ly.
Sassa is die eenheid binne die departement van Maatskaplike Ontwikkeling wat toelaes aan hulpbehoewendes moet uitbetaal.
Die DA se woordvoerder oor maatskaplike ontwikkeling, Patricia Kopane, het aan Die Burger [...]
Posted in Nuus / News | November 6th, 2009
Vrydag 6 November 2009
In die Nuus om Een
** Geen verdere berigte oor of Eskom se uitvoerende hoof bedank het of nie,
** Suid-Afrika evra om die situasie in Zimbabwe te evalueer, EN
** Dit is nog steeds nie bekend wanneer die Suid-Afrikaners wat in
Ekwatoriaal-Guinee vrygelaat is, na Suid-Afrika sal terugkeer nie.
*** Die voorsitter van die Parlement se [...]
Posted in Nuus / News | November 6th, 2009
Vrydag 6 November 2009
Die Nuus om Elf
*** Twee gesteelde swaarvoertuie en ‘n bus is vroeg vanoggend by die
Macadamia-grens naby Komatipoort in Mpumalanga deur die polisie onderskep.
Kaptein Leonard Hlathi sê die vragmotors – ter waarde van een-komma-agt
miljoen rand – is gekonfiskeer toe Mosambiekers probeer het om hulle uit
Suid-Afrika na Mosambiek te smokkel.
Hy sê die verdagtes het [...]
Posted in Nuus / News | November 6th, 2009
Vrydag 6 November 2009
Die Nuus om Agt
*** Twee nuwe polisiekommissarisse is in KwaZulu-Natal en Mpumalanga
aangestel.
Die nasionale polisiehoof, kommissaris Bheki Cele, het in Pretoria
bekendgemaak dat die 41-jarige assistent-kommissaris Monnye Ngobeni in
KwaZulu-Natal aangestel is, terwyl die 49-jarige Thulani Ntobela in Limpopo aangestel is. Ngobeni is slegs die tweede vrou wat as provinsiale kommissaris aangestel is.
*** Cele het [...]
Posted in Nuus / News | November 5th, 2009
Donderdag 5 November 2009
In die Nuus om Een
** ‘n Donker prentjie oor Suid-Afrikaners se skuld,
** ‘n Nuuskonferensie oor die krisis rondom Eskom se baas word op die
oomblik gehou, EN
** Suid-Afrika se nuwe sokker-afrigter is terug in die land.
*** ‘n Verbruikers-organisasie het gewaarsku dat verbruikers diep in die
skuld gedompel sal word deur Eskom se verhoogde kragtariewe [...]
Posted in Nuus / News | November 5th, 2009
Donderdag 5 November 2009
Die Nuus om Elf
*** AfriForum het ʼn klagte in by die kantoor van die Openbare Beskermer ingedien teen die Tshwane-metroraad se wanbestuur van Pretoria en omstreke se vullis-verwyderingstelsel.
Dit volg nadat inwoners die afgelope 10 dae geen vullisverwyderingsdienste ontvang het nie.
AfriForum se regsverteenwoordiger, Willie Spies, sê in ‘n verklaring elke
belasting-betaler betaal jaarliks meer [...]
Posted in Nuus / News | November 5th, 2009
Donderdag 5 November 2009
Die Nuus om Agt
*** Talle huise en erwe in Kimberley is oorstroom toe ’n damwal gister in
Galeshewe meegegee het. Van die strate moes vir verkeer gesluit word.
Volgens die Volksblad het munisipale werkers daarin geslaag om die wal te
herstel, maar dit het weer gebreek nadat ’n tweede hewige storm die stad
gistermiddag getref het. [...]
Posted in Nuus / News | November 4th, 2009
PenOrent Nuus: Woensdag 4 November 2009.
In die nuus om eenuur:
**Tweede staatsgetuie getuig in Selebi korrupsieverhoor.
**Twee vierjarige meisies in Soweto verkrag.
**En vyf Britse soldate sneuwel in Afganistan.
*** Die tweede staatsgetuie in die korrupsieverhoor van Jackie Selebi, het getuig dat sy persoonlik ‘n banksak met 110-duisend rand by haar gewese verloofde Glenn Agliotti se kantoor aan die [...]
Page 8 of 10 « First ... « 6 7 8 9 10 »