Posted in Nuus / News | November 4th, 2009
PenOrent Nuus: Woensdag 4 November 2009.
Die nuus om elfuur:
***Diane Muller , die gewese verloofde van die staat se hoofgetuie in die Jackie Selebi-korrupsieverhoor, Glenn Agliotti, sal sal na verwagting vandag in die hooggeregshof in Johannesburg in die getuiebank verskyn.
Agliotti voer aan dat Muller die enigste persoon is wat gesien het hoe omkoopgeld aan die [...]
Posted in Nuus / News | November 4th, 2009
PenOrent Nuus: Woensdag 4 November 2009.
Die nuus om agtuur:
***Altesaam 14 polisiebeamptes is op De Aar in die Noord-Kaap in hegtenis geneem in verband met die diefstal wat petrol ter waarde van 450-duisend rand . Dissiplinêre optrede kan teen nog sewe polisiebeamptes volg.
Dié inhegtenisnemings kom nadat die polisiediens in die Noord-Kaap se De Aar-gebied Vrydagaand in [...]
Posted in Nuus / News | November 3rd, 2009
PenOrent Nuus: Dinsdag 3 November 2009.
In die nuus om eenuur:
**Allan Boesak bedank uit Cope weens wanorde binne party.
**Reuse dwelmvonds aan die Rand gekry.
**En kenners waarsku teen die gebruik van aspiriene deur mense wat nie ‘n ooglopende hartprobleem het nie.
***Die Wes-Kaapse leier van Cope, Allan Boesak, het vroeer vandag uit die party bedank omdat die strukture [...]
Posted in Nuus / News | November 3rd, 2009
PenOrent Nuus: Dinsdag 3 November 2009.
Die nuus om elfuur:
***Die gyselaarsdrama by die Manguang private hoë sekuriteittronk buite Bloemfontein is vanoggend beeindig toe ‘n polisie reaksiespan drie bewaarders bevry het wat deur opstandige gevangenes aangehou is.
Sowat tien gevangenes het hulleself en die drie bewaarders in die tronk se hoë veiligheidsafdeling toegesluit. Die Besturende Direkteur vir G-4-S [...]
Posted in Nuus / News | November 3rd, 2009
PenOrent Nuus: Dinsdag 3 November 2009.
Die nuus om agtuur:
***Ongeveer 30 onwettige mynwerkers is by die Pamodzi goudmyn naby Welkom in die Vrystaat in hegtenis geneem.
Twee myn personeellede asook twee sekuriteitsbeamptes is ook gearresteernadat polisie-agente die onwettige myn-bedrywighede geïnfiltreer het om die skuldiges vas te trek.
Die drie polisieagente wat hulle as onwetige mynwerkers voorgedoen het het [...]
Posted in Nuus / News | November 2nd, 2009
Maandag 2 November 2009
In die Nuus om Een
** ‘n Bosbrand naby die Paarl onder beheer gebring,
** Nuwe buitelandse beleggers in Suid-Afrika is skaars, EN
** Zimbabwe kan dalk uit die internasionale diamanthandelbedryf geskop
word.
*** Sowat ‘n honderd brandbestryders en 20 voertuie het sedert vroeg
vanoggend gespook om ‘n bosbrand naby die Paarl te blus.
Volgens Cape Nature het die [...]
Posted in Nuus / News | November 2nd, 2009
Maandag 2 November 2009
Die Nuus om Elf
*** Tien mense is vanoggend dood en nog 15 beseer in ‘n botsing reg van
voor tussen ‘n bus en ‘n taxi naby Aberdeen in die Oos-Kaap.
Volgens Arrive Alive-woordvoerder Tshepo Machaea was van die passasiers nog teen agtuur in die bus vasgekeer. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie [...]
Posted in Nuus / News | November 2nd, 2009
Maandag 2 November 2009
Die Nuus om Agt
*** Die korrupsieverhoor van die voormalige polisiehoof, Jackie Selebi,
word vandag in die Johannesburgse Hooggeregshof hervat met die veroordeelde dwelmbaas, Glenn Agliotti, wat weer in die getuiebank sal wees.
Die saak is verlede week onderbreek terwyl die hof besig was met ‘n aansoek
deur die verdediging dat regter Meyer Joffe hom aan [...]
Posted in Nuus / News | October 30th, 2009
Vrydag 30 Oktober 2009
In die Nuus om Een
** Rowers skiet Pretorianer in sy huis dood,
** Afrika-bemiddelaars probeer om die jongste politieke krisis in Zimbabwe op te los, EN
** Groen lig vir Johan Botha nadat sy boulaksie weereens onder verdenking was.
*** Gewapende rowers het gisteraand ‘n man in sy huis in Hercules in
Pretoria doodgeskiet. Polisiewoordvoerder Patricia Simelane [...]
Posted in Nuus / News | October 30th, 2009
Vrydag 30 Oktober 2009
Die Nuus om Elf
*** Die uitvoerende hoof van Gold Fields, Nick Holland, sê Eskom se
beplande 200-persent tariefverhogings kán en moet gekeer word.
Hy sê dit is onmoontlik om te sê hoe groot die uitwerking van verhoging sal
wees, maar dit sal beslis verwoestend wees.
Sake 24 berig dat Holland opdrag gegee het dat navorsing gedoen [...]
Page 9 of 10 « First ... « 6 7 8 9 10 »