Frans Parsons se potjiekosresep - MOER-BY

Benodigdhede:

 

Kom ons noem hierdie sommer die Rippel-Moerby-potjie

 

2kg hoender

2kg skaapnek

Pattypans

Murgpampoentjies

Uie

Tamatie

Aartappel

Knoffel

Greenpepper

Speserye na smaak

1 blikkie bier

Olyf olie

Koolkop

 

Gooi olie in pot en wag tot dit warm is, voeg die skaapnek by en kook vir 20 minute, haal die skaapnek uit en kook die hoenderstukke vir 20 minute, haal die hoender uit en voeg gesnyde uie in die pot en kook vir 5 minute.

Voeg die hoender en skaapnek saam met koffel, gesnyde tamatie en speserye by die uie en kook dit vir 20 minute. Moenie sout bygooi nie, dit sal jou vleis taai maak.voeg jou aartappels by en kook vir nog 25 minute.

 

Roer jou brousel deurmekaar en gooi n blikkie bier na smaak by en laat kook dit vir 10 minute met die deksel af sodat verdamping van oortollige vloeistowwe kan plaasvind, nou is jou pot lekker aan die gang, pak nou jou ander groente wat oorgebly het in lae op die vleis en seel dit af met n paar koolblare wat jy bo-op als pak. plaas die deksel terug en laat prut vir 20 minute. As die groente nou al lekker sag is, voeg sout by en roer. Laat prut vir nog 10 minute.

 

Hoop joune kom ook so lekker uit

 

Groete

 

Frans

Leave a Reply