Geref. Kerk Lyttelton, Basaar - 6 & 7 November

Die Doppers van die Gereformeerde Kerk Lyttelton, op die hoek van Stasiestraat en Monumentlaan in Lyttelton, Centurion hou ‘n lekker Dopperbasaar op 6 en 7 November 2009.

 

Dit is geskoei op ‘n plattelandse lees en ons het ‘n plaasstal met konfyte, gemmerbier, beskuit en dan kry ons 7 ton vars groente wat Vrydag 6 Nov van 2:00nm spotgoedkoop gekoop kan word. Daar is ook afval te koop.

 

Pannekoek is al van 7:00vm Vrydag beskikbaar en bestellings kan nou al by Martie Oosthizen geplaas word. Jy kan sommer vir al die ouens by die werk gaan bederf met die pannekoek. Bel vir Martie by 012-667-5310.

Maar jy kan ook kerrie en rys, hamburgers, vetkoek met maalvleis, poedings en tuisgebak koop. Jy hoef nie Vrydagaand kos te maak nie!!!

 

Saterdag 9:00vm bied ons ‘n plaasonbyt aan vir R40,00. Pensioenarisse kan eet vir R25,00.

 

Leave a Reply