Magdelt Julyan - NA Simply Slim

Magdelt Julyan VOOR Simply Slim
“Ek het nog altyd gesukkel om met ‘n dieet te begin. Simply Slim laat jou begin dieet sonder dat jy agterkom. Drink net die pil en gaan aan met jou lewe.
Sorg net dat jy ten minste elke uur ‘n glas water. Daarna gebeur die res vanself.
Ek was baie dors en het nie aan eet gedink nie. Die eerste drie dae het my eet-en drinkgewoontes drasties verander.
Ek was minder lus vir lekkernye en het eerder aan water as aan kos gedink. Ek het ook sodoende kleiner porsies begin eet.
Ek het voorheen tussen 2 en 4 liter gaskoeldrank per dag gedrink, ook ongeveer 8 tot 12 bekers koffie: met 3 lepels suiker, 3 opgehoopte teelepels koffiepoeier en 3 tot 4 teelepels koffieverromer per beker. Ek het vetterige biltong gekoop en dit dan geëet met botter bo-op. Ek het van die vet van veral skaaptjops gehou en het die vet bros gebraai en saam met blatjang geëet. In my lessenaarlaai by die werk, het ek ‘n pak versiersuiker gehad. Ek sou maklik vir myself ‘n koppie versiersuiker gemaak het (met botter) en dit dan daar met ‘n lepel gesit en eet het. Dis maar om net ‘n paar van my slegte gewoontes op te noem.
Met Simply Slim het ek pleks van volroommelk, vetvrye melk begin gebruik.
Olierige kos het my begin afsit.
Ek het vroeër gesukkel om aan die slaap te raak, maar skielik so maklik aan die slaap geraak en nog nooit so lekker geslaap soos nou nie. Sonder slaappille!
My kroniese lyfpyne, wat my soms in die middel van die nag wakker gemaak het, het skielik verdwyn. Ek het meer aktief begin raak sonder om te probeer. Dit was asof my lyf wou hê ek moet beweeg. Dit was skielik lekker om te gaan stap en ek het dit met ‘n lus en ‘n tempo gedoen wat ek voorheen nie kon nie: ek was te stram en het te veel lyfpyne gehad. My fisiese en emosionele uithouvermoë was nog nooit so goed soos nou nie. Ek voel nie depressief of moedeloos nie. Ek voel lus vir die lewe en sien vir meer dinge as ooit te vore kans! Die nekbesering wat ek in ‘n motorongeluk opgedoen het, het my ten minste 2 maal per dag redelike sterk pyn pille laat drink, anders kon ek nie werk nie, en ook snags nie slaap nie. Ek drink nou slegs, in uiterste gevalle, miskien een pynpil. Ek sal baie eerder oefeninge doen vir my nek of dit masseer.
Simply Slim het my gehelp om my eet- en drinkgewoontes sonder moeite te verander. Dit het my van alle slegte gewoontes laat ontslae raak, wat ‘n geweldige invloed op my slaappatroon gehad het. Reg eet en meer slaap, meer energie - jy voel nie net soos ‘n mens nie. JY IS EEN!”
- Magdelt Julyan

'n Pragtige, "nuwe" Magdelt NA Simply Slim