MANNE-ONTBYT, Bentley’s Country Lodge, 12 Maart
Fondsinsamelingsgeleentheid ten bate van die SAVF Pretoria Maatskaplike Werk Dienste:
Manne-Ontbyt
Bentley’s Country Lodge
12 Maart 2010
R250 p.p
Ontbyt saam met bekendes en legendes!
Die Pretoria Maatskaplike Dienste is die grootste van 33 maatskaplike werk kantore binne die Suid-afrikaanse Vrouefederasie wat die 5 Noordelike provinsies bedien, naamlik: Gauteng, Northern Province, North-West Province, Limpopo Province and Kwa-Zulu Natal. Die personneelkomponent behels in totaal 21 personeellede en maatskaplike werk dienslewering is nie beperk tot Pretoria alleen nie, maar sluit ook omliggende areas, naamlik Mamelodi en Soshanguve in.. Vanuit hierdie kantoor alleen word ongeveer 7522 indivue jaarliks direk bereik. Hierdie statistiek is verwerk vanuit die mees onlangse jaarverslag. Dienslewering is grotendeels statutêr van aard, maar daar word ook voorkomingsdienste gelewer asook en bemagtiging deur middel van armoede verligting en die ontwikkeling van vaardighede. Hierdie kantoor voorsien ook kospakkies, klere, en komberse aan die armste van die armes en mees kwesbare gesinne.
Die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie is ‘n nie-winsgewende organisasie wat slegs gedeeltelik deur die Departement van Maatskaplike Dienste gesubsideer word. Dit impliseer weer ‘n tekort op algemene finansies, wat weer uitkring na dienslewering aan die betrokke gemeenskappe.
Vanweë die groot aantal kantore verbonde aan een nie-winsgewende en non-staat-organisasie, is die finansiële druk op die organisasie enorm en is daar gedurende 2009 besluit om as individuele maatskaplike werk kantoor aktief op fondsinsameling en bemarking te fokus, ten einde die tekort van die kantoor aan te spreek en sodoende ook die maatskaplike dienslewering te verbeter.
Die sakemanne-ontbyt is dan ook die kantoor se eerste fondsinsamelingsgeleentheid vir 2010. Tydens die ontbyt vir ongeveer 150 sakemanne, word daar ook beplan om ‘n veiling aan te bied en artikels wat geskenk word sal dan ook sodanig aangewend word.
Kontak
Adéle de Meillon (012) 325 3920 / 082 959 8847
Isabel Venter (012) 325 3920