‘n Dag by Bayete Spa

‘n Adverteerder by Rippel 90.5, BAYETE, het van die werknemers genooi om ‘n dag by die Spa deur te bring.

Mens is nogal skepties: om deur vreemdes masseer te word… om heeldag in ‘n japon rond te dwaal… drink vreemde drankies in ‘n borrelbad… nee wat.

Maar wat ‘n heerlike verrassing!

Die pad soontoe is nogal misleidend. Dit lyk of mens op ‘n stofpad in die veld inry…klippe en droë gras, sommer net so in die nêrens in… Moet egter nie dat dit jou afsit nie.

Wanneer jy voor BAYETE se deure stop, verstaan mens dadelik waarom die Spa weggesteek is in die veld: vir absolute privaatheid, rustigheid en vrede. Letterlik weg van die stad se gewoel.

 Die terrein is ongelooflik mooi versorg. Die beste fasiliteite tot jou beskikking. By die swembad en kroegie is ‘n pragtige uitsig oor die Skuurberg. Daar is die mooiste kapelletjie vir intieme troues…

Die personeel van Bayete is uiters professioneel en vriendelik. Die maaltye, wat in ‘n pragtige eetkamer bedien word, is eersteklas.

Moenie huiwer om jou ma, vriendin, ouma of selfs jou man te neem vir ‘n dag van bederf nie! Dis onvergeetlik. En die beste is, mens kan bederf word, sonder om skaam te voel.

Skakel BAYETE by 076-813-2797

Pragtige eetkamer by Bayete

Pragtige eetkamer by Bayete

 

 

 

 

 

 

 

gronde1

 

 

 

 

 

 

gronde2

 

 

 

 

 

 

 

'n Jacuzzi staan en wag vir jou...

'n Jacuzzi staan en wag vir jou...

Leave a Reply