NUUS: 10 Maart 2010 om 11:00

PenOrent Nuus: Woensdag 10 Maart 2010.

 

Die nuus om elfuur:

 

***’n Amerikaanse bemarkingspesialis eis twaalf-komma-ses miljoen rand van die Monateng Safari Lodge buite Pretoria nadat hy in 2008 op ‘n nat stoep gegly en geval het.
Die 55-jarige Michael Francis Klesh sê in hofstukke hy het ‘n werwelfraktuur opgedoen en sy linkerpolsgewrig is gebreek. Volgens Klesh was daar nie voldoende beskerming teen reënwater op die stoep nie en daar was geen waarskuwing dat die teëls gevaarlik of glibberig is wanneer dit nat is nie.

 

***’n Senior Kaapstadse verkeersbeampte wat glo omkoopgeld by ‘n verkeersoortreder wou hê sodat hy nie ‘n boete vir hom uitskryf nie, sal vandag in op aanklag van korrupsie in die Wynbergse landdroshof verskyn.
Die beampte is by die Hillstar-verkeersdepartement in Ottery in hegtenis geneem nadat hy glo 160 rand gevra het.
Die verdagte word tans by die Bellville-polisiestasie aangehou.

 

*** Manie Potgieter van Lydenburg in Mpumalanga  wat  na bewering die 25-jarige Litasha van der Walt doodgeskiet en sy vrou, Daleen, gewond het, het in ‘n brief  onder meer sy vrou van ‘n lesbiese verhouding beskuldig.
Potgieter was so jaloers op sy vrou dat hy haar by tye vanuit Irak via die internet op ‘n webkamera dopgehou het.

Die 51-jarige Potgieter  het na bewering die naweek  by ‘n restaurant in Lydenburg ingeloop en eers sy 37-jarige vrou gewond en Van der Walt  daarna koelbloedig doodgeskiet.

***Die VN sekretaris-generaal Ban Ki-Moon het hom by die Amerikaanse vise-president Joe Biden aangesluit en Israel se goedkeuring vir die bou van eenduisend-600 nuwe huise vir ultra-ortodokse Jode in Oos-Jerusalem veroordeel.

Biden wat in Israel is om die vredesproses tussen Israel en die P alestyne weer aan die gang te probeer kry het gese die optrede  ondermyn die vertroue wat nodig is in die proses.

Biden sal vandag  met die Palestynse president Mahmoed Abbas en die eerste-minister Salam Fayyad samesprekings voer.

 

*** Die BBC berig dat tot vyf mense dood s toe onbekende aanvallers ‘n kantoor van ‘n Westerse hulpagentskap in Pakistan vanoggend vroeg aangeval het.

Die slagoffers, waar onder twee vroue, was almal Pakistanse burgers.

Die aanval het by die kantoor van World Vision in die Mansehra distrik noord van die stad Islamabad plaasgevind.

 

 

***’n 21-jarige Britse vrou wat onder die indruk was dat sy aan ‘n ernstige geval van prikkelbare dermsindroom ly, het al die tyd swanger gewees en geboorte aan ‘n baba geskenk.

Die Britse koerant The Daily Telegraph berig dat Belinda Waite nege maande lank eienaardige simptome gehad het.
Toe haar hande en voete opswel, is sy hospitaal toe, waar die staatsdokter jig of ‘n allergie gediagnoseer het.

Die betrokke dokter wou geen kommentaar lewer nie.

***Die Oostenrykse fietsryer Rene Haselbacher het die eerste skof van die Giro del Capo-fietstoer oor 106 kilometer in 2 uur, 30 minute en 40 sekondes gewen.

Hy is die algehele voorloper in dié vierdaagse fietstoer, wat Vrydag eindig.
Malcolm Lange en Burry Stander was onderskeidelik tweede en derde.

 

*** En nou die jongste markaanwysers: Die rand verhandel op 7 rand 42 teenoor die dollar, op 11 rand 6 teenoor die pond en op 10 rand 6 teenoor die euro.

Goud het kort gelede teen eenduisend-123 dollar 60 sent per fynons verhandel en platinum teen eenduisend-603 dollar 50 sent.

Die jongste prys van Brent Noordsee-olie is 81 dollar 22 sent per vat.

 

 

Dis die einde van die nuus geskryf en saamgestel deur Kobus de Kock van PenOrent nuus.©.

Sel: 083 491 5148

kdkock@lantic.net

Leave a Reply