NUUS: 5 Maart 2010 om 08:00
Die Nuus om Agt
………………………………………………………………………………..
…..
*** Die Sweedse seereddingsdiens sê vier veerbote met meer as ‘n duisend passasiers aan boord sit steeds vas in ys in die Baltiese See.
Woordvoerder Peter Lindquist sê almal aan boord is veilig en daar is nog geen planne om die vasgekeerde passasiers van die bote af te verwyder nie.
Reddingshelikopters en militêre skeertuie staan egter gereed indien dit nodig sou wees om die bote te ontruim.
Nog twee bote wat aan die Sweedse kus in die ys vasgesit het, het daarin geslaag op op eie stoom los te kom.
*** ‘n Onderwyser is in hegtenis geneem ná ‘n gewapende rooftog by ‘n supermark op Marble Hall in Limpopo.
Die polisie se superintendent Ronel Otto sê ses gewapende rowers het
Woensdagoggend die personeel van die supermark aangehou en ‘n onbekende bedrag geld gesteel.
‘n Kassier van die supermark is gearresteer en ná verdere ondersoeke is die onderwyser, wat glo die meesterbrein agter die rooftog was, ook aangekeer.
Hulle vier medepligtiges is nog op vrye voet.
*** ‘n Matrikulant van die Hoërskool Die Burger in Bergbron, wes van
Johannesburg, is in ‘n ernstige toestand nadat hy gister deur ‘n graad
11-leerling met ‘n skêr in die gesig gesteek is.
Die polisie sê die 20-jarige Khotso Molokoane is buite ‘n klaskamer aangeval omdat hy glo die jonger leerling se skooltas weggesteek het.
Die 17-jarige leerling is in hegtenis geneem.
*** Suid-Afrika se Sentrale Dwelm-owerheid sê tot 40-duisend vroue sal na
verwagting voor die Wêreldbeker-sokkertoernooi in die land aankom om as
prostitute te werk.
Die agentskap se ondervoorsitter, David Beyever, sê baie van die vroue sal
waarskynlik in Oos-Europa gewerf word.
Hy het ook gewaarsku dat kinders weens die verlenging van die skoolvakansie
tydens die toernooi geteiken en vir sekswerk gelok kan word.
*** Die adjunk-minister van Polisie, Fikile Mbalula, kon glo gister tydens
‘n belangrike inligtingsessie in die Parlement nie ‘n enkele vraag oor sy
portefeulje beantwoord nie.
Die Burger berig dat die voorsitter van die tussen-ministeriële taakgroep
oor Justisie en Polisie, Jeff Radebe, moes ingryp om vrae namens Mbalula te
beantwoord.
Mbalula het ingestaan vir die minister van Polisie, Nathi Mthethwa, wat saam
met president Jacob Zuma in Brittanje is.
*** Krieket: Die jongste beskikbare telling in die derde eendagwedstryd
tussen Bangladesj en Engeland in Chittagong is 174 vir drie in Engeland se
beurt.
Dit was in die 40ste boulbeurt.
Bangladesj het die loot gewen.
*** Suid-Afrika se manshokkiespan beleef ‘n rampspoedige
Wêreldbekertoernooi in Nieu-Delhi in Indië.
Die span het tot dusver al drie sy wedstryde verloor en 22 doele afgestaan
terwyl hy net ses kon aanteken.
Gister het Suid-Afrika met ‘n rekord-Wêreldbekertelling van 12-0 teen
Australië verloor.
*** Rugby: Mathieu Loree - skrumskakel van die Franse klub, Racing-Metro -
is vier maande lank geskors nadat hy positief getoets is vir die gebruik van
dagga.
Hy is deur die Franse Rugbyfederasie se kommissie teen dwelms geskors nadat hy in November verlede jaar ‘n dwelmtoets gedruip het.
Mathieu sal weer op 3 Julie kan speel.
*** Nog rugbynuus is dat twee Suid-Afrikaanse spanne die naweek se vierde
ronde van die Super 14-reeks tegemoet gaan sonder dat hulle nog ‘n wedstryd kon wen.
Die Lions, wat in die 12de plek op die punteleer is, sal moet uithaal om
hulle eerste kragmeting te wen wanneer hulle om 20 voor elf vanoggend,
Suid-Afrikaanse tyd, in Canberra teen die Brumbies te staan kom.
En die Sharks, wat in die tweede laaste plek is, speel môre in Sydney teen
die Waratahs, wat ook ‘n moeilike wedstryd gaan wees.
In die eerste van vandag se twee wedstryde kom die Chiefs oor sowat ‘n
halfuur in Hamilton teen die Reds te staan.
*** Finansiële aanwysers: Die rand verhandel op 7 rand 48 sent teenoor die
dollar, op 11 rand 25 sent teenoor die pond en op 10 rand 17 sent teenoor
die euro.
Goud het kort gelede verhandel teen 1,134 dollar per fynons en platinum teenDie Nuus om Agt
………………………………………………………………………………..
…..
*** Die Sweedse seereddingsdiens sê vier veerbote met meer as ‘n duisend
passasiers aan boord sit steeds vas in ys in die Baltiese See.
Woordvoerder Peter Lindquist sê almal aan boord is veilig en daar is nog
geen planne om die vasgekeerde passasiers van die bote af te verwyder nie.
Reddingshelikopters en militêre skeertuie staan egter gereed indien dit
nodig sou wees om die bote te ontruim.
Nog twee bote wat aan die Sweedse kus in die ys vasgesit het, het daarin
geslaag op op eie stoom los te kom.
*** ‘n Onderwyser is in hegtenis geneem ná ‘n gewapende rooftog by ‘n
supermark op Marble Hall in Limpopo.
Die polisie se superintendent Ronel Otto sê ses gewapende rowers het
Woensdagoggend die personeel van die supermark aangehou en ‘n onbekende
bedrag geld gesteel.
‘n Kassier van die supermark is gearresteer en ná verdere ondersoeke is die
onderwyser, wat glo die meesterbrein agter die rooftog was, ook aangekeer.
Hulle vier medepligtiges is nog op vrye voet.
*** ‘n Matrikulant van die Hoërskool Die Burger in Bergbron, wes van
Johannesburg, is in ‘n ernstige toestand nadat hy gister deur ‘n graad
11-leerling met ‘n skêr in die gesig gesteek is.
Die polisie sê die 20-jarige Khotso Molokoane is buite ‘n klaskamer aangeval
omdat hy glo die jonger leerling se skooltas weggesteek het.
Die 17-jarige leerling is in hegtenis geneem.
*** Suid-Afrika se Sentrale Dwelm-owerheid sê tot 40-duisend vroue sal na
verwagting voor die Wêreldbeker-sokkertoernooi in die land aankom om as
prostitute te werk.
Die agentskap se ondervoorsitter, David Beyever, sê baie van die vroue sal
waarskynlik in Oos-Europa gewerf word.
Hy het ook gewaarsku dat kinders weens die verlenging van die skoolvakansie
tydens die toernooi geteiken en vir sekswerk gelok kan word.
*** Die adjunk-minister van Polisie, Fikile Mbalula, kon glo gister tydens
‘n belangrike inligtingsessie in die Parlement nie ‘n enkele vraag oor sy
portefeulje beantwoord nie.
Die Burger berig dat die voorsitter van die tussen-ministeriële taakgroep
oor Justisie en Polisie, Jeff Radebe, moes ingryp om vrae namens Mbalula te
beantwoord.
Mbalula het ingestaan vir die minister van Polisie, Nathi Mthethwa, wat saam
met president Jacob Zuma in Brittanje is.
*** Krieket: Die jongste beskikbare telling in die derde eendagwedstryd
tussen Bangladesj en Engeland in Chittagong is 174 vir drie in Engeland se
beurt.
Dit was in die 40ste boulbeurt.
Bangladesj het die loot gewen.
*** Suid-Afrika se manshokkiespan beleef ‘n rampspoedige
Wêreldbekertoernooi in Nieu-Delhi in Indië.
Die span het tot dusver al drie sy wedstryde verloor en 22 doele afgestaan
terwyl hy net ses kon aanteken.
Gister het Suid-Afrika met ‘n rekord-Wêreldbekertelling van 12-0 teen
Australië verloor.
*** Rugby: Mathieu Loree - skrumskakel van die Franse klub, Racing-Metro -
is vier maande lank geskors nadat hy positief getoets is vir die gebruik van
dagga.
Hy is deur die Franse Rugbyfederasie se kommissie teen dwelms geskors nadat
hy in November verlede jaar ‘n dwelmtoets gedruip het.
Mathieu sal weer op 3 Julie kan speel.
*** Nog rugbynuus is dat twee Suid-Afrikaanse spanne die naweek se vierde
ronde van die Super 14-reeks tegemoet gaan sonder dat hulle nog ‘n wedstryd
kon wen.
Die Lions, wat in die 12de plek op die punteleer is, sal moet uithaal om
hulle eerste kragmeting te wen wanneer hulle om 20 voor elf vanoggend,
Suid-Afrikaanse tyd, in Canberra teen die Brumbies te staan kom.
En die Sharks, wat in die tweede laaste plek is, speel môre in Sydney teen
die Waratahs, wat ook ‘n moeilike wedstryd gaan wees.
In die eerste van vandag se twee wedstryde kom die Chiefs oor sowat ‘n
halfuur in Hamilton teen die Reds te staan.
*** Finansiële aanwysers: Die rand verhandel op 7 rand 48 sent teenoor die
dollar, op 11 rand 25 sent teenoor die pond en op 10 rand 17 sent teenoor
die euro.
Goud het kort gelede verhandel teen 1,134 dollar per fynons en platinum teen
1,578 dollar.
Die jongste prys van Brent Noordsee-olie is 79 dollar een sent per vat.
1,
Die einde van die Nuus wat geskryf en saamgestel is deur Willie Visagie
van PenOrent-nuus ©.