Princess Christian Tehuis: Alzheimers inligtingsoggend, 17 Maart

“Princess Christian Tehuis hou ‘n Alzheimer’s inligtingsoggend op 17 Maart 2010 om 7:30 by die Gereformeerde Kerk Waterkloof, H/V Dey en Langestraat, Nieuw Muckleneuk. 

 

Verskeie sprekers soos Advokaat Margaret Meyer van die Justisie Kollege, Riekie Coetsee MA (Sielkunde), Rae Labuschagne MSc (Gerontologie) Universiteit van Suidelike Kalifornië in die VSA,  

Dr Mariët van Niekerk en MB.ChB. (UOVS) MMed (Neuro) FCP(SA) met spesialisering in neurologie sal kwessies soos die regsposisie van persone wat nie hul eie sake kan behartig nie, versorging van  die versorger, kommunikasie met die Alzheimer’s pasiënt en die identifisering van Alzheimer se siekte en die waarde en werking van medikasie sal aangespreek word. 

 ‘n Besprekingsgroep sal na die tyd gefasiliteer word deur Rae Labuschagne en Riekie Coetsee.

 

Die koste beloop R50 per persoon en sluit die inligtingsoggend sowel as verversings in.

 

Vir meer inligting of om te bespreek, kontak gerus vir Sarie Coetzee gedurende kantoorure by 012 460 2221.  

Besprekings kan ook gedoen word op die web by www.princesschristianhome.org.

 

Leave a Reply