Simply Slim - die afloop

Simply Slim-direkteure Marius Venter, Mariesa Troskie en Dirk Uys

Simply Slim-direkteure Marius Venter, Mariesa Troskie en Dirk Uys

Simply Slim se direkteure (v.l.n.r): Marius Venter, Mariesa Troskie en Dirk Uys.

Ses Rippel 90.5-aanbieders is uitgedaag om aan ‘n gewigsverlieskompetisie van Simply Slim deel te neem. Dit sou 3 maande duur.

 

Twee spanne van drie lede elk het deelgeneem.  Die lede van Span 1 het saam 266,3 kg geweeg met die aanvang van die kompetisie, terwyl Span 2 begin met ‘n gesamentlike 228,4 kg die kompetisie begin het.

 

Een van die lede van Span 1 het na ‘n maand besluit om met die kompetisie op te hou.  Sy het 2,5 kg verloor.  Na drie maande het sy dit nog glad nie weer opgetel nie.

 

Pieter de Necker, wat na een maand 9 kg vet verloor het, moes na die eerste maand ander broeke koop.  “Selfs met ‘n belt aan, het my broeke soos ‘n sak aan my begin lyk” het hy trots gesê.

 

Na maand twee kon Span 1 nie die bordjies verhang nie, omdat Span 2 die vet- rolletjies een vir een afgeskud het.  Tog het Span 1 se lede, wat toe uit twee bestaan het, steeds ook van hulle rolletjies ontslae geraak.  Span 1 het saam 4,73 kg vetmassa verloor en Span2 het 34,95 kg vetmassa verloor.

 

Anne Boyes, ‘n regte soettand, sê haar lus vir peusel het drasties afgeneem. 

Na drie maande het die aanbieders saam 76,94 kg vet verloor!

 

Nikki Wiers, die algehele wenner van die Simply Slim-kompetisie, sê:

“Ek het al baie ander produkte probeer.  Simply Slim is defnitief die enigste produk wat werklik werk!”  Nikki het tydens die kompetisie 36,06 kg vet en 82cm verloor.

 

 

ONS BEDANK GRAAG:

-           Simply Slim vir jul ope hand aan Rippel 90.5 en sy mense.

-           Alet, wat die Rippel-span so getrou gedurende die kompetisie gemeet het. 

-           Die water wat die deelnemers elke dag 3 liter van moes drink, is verskaf deur Carike Botha van Watermaker. 

-           Henriette van Endermologie Pretoria-Oos vir jou pryse wat verskaf is. 

-           en Rippel 90.5 se span: Hennie Koortzen, Anne Boyes, Che van Lelyveld, Pieter de Necker, Magdelt Julyan en Nikki Wiers - dankie vir julle!

ss-saam-met-wenner

Simply Slim se direkteure saam met die wenner, Nikki Wiers.

Leave a Reply