Simply Slim terugvoer na 10 dae

 

Simply Slim se eerste inweegsessie vir die twee Rippel 90.5-spanne het 10 dae na die aanvang van die kompetisie plaasgevind.

 

Met groot afwagting het die deelnemers hulle laat weeg, en Alette van Fabulossphysics het weereens die presiese mates geneem.

 

Onderskeidelik het die twee spanne saam 7,5kg en 15 kg verloor - in net 10 dae!

 

Almal is baie positief oor die dae wat voorlê, dis ‘n inspirasie vir ons almal!

 

Drink Watermaker se water en byt vas, spanne - op die Slim manier van Simply Slim.

Leave a Reply