TEKKIEklub se eerste partytjie, Saterdag 14 Maart 2009
Die Tekkieklub, die Rippel 90.5-klub spesiaal vir laerskoolleerders, het op Saterdag, 14 Maart hul eerste partytjie gehou.
Nedine Blom het haar CD, SuperCool, daar bekendgestel. Franna Cillie van Living Ball het gesels en twee balle weggegee. Daar was groot feestelikheid, en klein en groot het die Here geloof.
Dankie aan Manie Ernst vir die foto’s. Kontak Elsie Bornman by elsieb@rippel.co.za vir meer besonderhede.
** Indien jy ‘n CD met foto’s van die dag wil bestel, kontak asseblief vir Carmen Botha van Vision Works by 072-405-5561 **







